Klopjag kom kuier in die KunsteGrot
THABAZIMBI – Klopjag, die Suid Afrikaanse musiekgroep wat sedert 2002 opgang maak in Suid Afrikaanse musiekbedryf is hier in ons eie Super KunsteGrot op Saterdag 8 Maart.
Hul debuut album 13/02 het hulle ‘n nominasie besorg by die Geraas Musiek Toekennings in 2003, terwyl hulle gereeld op aanvraag is by groot musiekfeeste soos Aardklop en die KKNK.
Die groep het pas hul 12de bestaansjaar gevier en het reeds diep-spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap. Hul het verskeie nommer een treffers gehad op radio en TV en is ook al genomineer vir onder andere SAMA, TEMPO en VONK toekennings.
Die ses musikante is ‘n veelsydige klomp en hul talente is nie net beperk tot liedjieskryf en musiek maak nie. John-Henry Opperman, hoofsanger is ook ‘n bekwame akteur (Roepman, Musiek vir die Agtergrond) en is ook die aanbieder van die buitelugprogram SleepTV op KykNET. Dawie de Jager is ook lid van die bekoornde groep Die Tuindwergies. Die groep het onlangs ‘n kontrak geteken met die legendariese David Gresham om ‘n nuwe album op te neem deur die loop van 2014.