Learskool Koedoeskop presteer by Areabyeenkoms
THABAZIMBI – Atlete van Laerskool Koedoeskop het goed presteer tydens die Areabyeenkoms.
Laerskool Koedoeskop lewer vier eerste-, twee tweede- en vyf derde plekke op by die afgelope naweek se atletiek. Drie van die atlete verbeter hulle persoonlike beste afstande.
Baie geluk aan Chané Ras (o/13), JT Cronjé (o/13) en Anika van der Sandt (o/11). Al drie atlete het deelgeneem aan gewigstoot. Chané het ook tydens die vorige byeenkoms die rekord in gewigstoot verbeter.
“Ons is trots op die atlete wat deelgeneem het aan diskus en spiesgooi – wat nuwe items vir Laerskoolleerlinge is”.
Baie geluk aan Scott Denton (o/12), JT Cronjé (o/13) en Luan Botha (o/13). Sterkte vir die streekbyeenkoms, wat Vrydag 14 Februarie plaasvind te Laerskool Thabazimbi.

