Dié ses atlete van Laerskool Thabazimbi het almal eerste plekke behaal met hulle deelname aan die streekbyeenkoms verlede Saterdag, 8 Februarie. Agter vlnr: Miné Lategan, Tsiimiswa Nemachola en Kayla van der Merwe. Voor staan Devoux Deysel, Marisca Coetzee en Jani du Plessis.L/S Thabazimbi het Saterdag se byeenkoms baie suksesvol aangebied en die volgende 12 atlete het tweede plekke in hulle onderskeie items behaal. Agter vlnr: Juan-Rich du Preez, Franco Hoffman en Miné Lategan. Middel: Carel Rohrbeck, Lelani Lintvelt, Morné Pistorius en Megan Brits. Voor staan Tommie Swanepoel, Jacob Leboho, Marisca Coetzee, Boipelo Mbewe en Lesedi Tshukudu.Dié atlete van Laerskool Thabazimbi het verlede Saterdag aan die streekbyeenkoms te Thabazimbi deelgeneem en derde plekke behaal in hulle onderskeie items. Agter vlnr: Carel Rohrbeck, Jani du Plessis, Thanie Robbertse, Kayla van der Merwe en Megan de Aguiar. Voor staan HG Joubert, SJ van der Linde en Devon Steenkamp.