Klere vir ‘n goeie doel
Die span van Kwêvoël/Vriendin Klereprojek bedank die gemeenskap vir hul bydraes die afgelope week. Al die klere word weer teruggeploeg in die gemeenskap, waarvan die grootste gedeelte aan die plaaslike SAVF Maatskaplike Dienste oorhandig word. Op die foto is Linda van Wyngaardt (SAVF vrywilliger) saam met Estie Taljaard (projek-koördineerder). Skenkings aan dié projek kan afgelewer word by Kwêvoël se kantoor te Tweedelaan 17, Thabazimbi.