Registrasie vir 2014-verkiesing hierdie naweek

THABAZIMBI – Die vyfde demokratiese algemene verkiesing sedert 1994 sal op ‘n datum in April tot Julie 2014 gehou word, om ‘n nasionale regering sowel as provinsiale wetgewers te kies.

Kiesers stem dus twee keer op hul stembriewe: een stem vir die nasionale regering en een stem vir die provinsiale wetgewer. Dit is mits jy in jou eie provinsie stem, sê Oupa Pilane van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Thabazimbi. Indien jy gaan vakansie hou elders in die land, mag jy net een stem uitbring – vir die nasionale regering, dus sal jy slegs een stembrief ontvang.

Voornemende kiesers kry hierdie naweek die geleentheid om te registreer. Een van die registrasiepunte sal in Hamerkopstraat, naby die spruit wees.

Gaan só u registrasiebesonderhede na:

Skakel die OVK se tolvrye nommer van 08:00 tot 17:00 daagliks – 0800 11 8000 of sms u identiteitsnommer na 32810 of klik op die skakel “am I registered” op die OVK se webwerf: www.elections.org.za.

Maak ‘n verskil.