Laerskool Groenvlei wat etlike jare sy deure as ‘n laerskool gesluit het, se oud-onderwysers en leerlinge het Saterdag reünie gehou. Leerlinge wat so lank gelede as die veertiger jare tot die laaste groep was teenwoordig. Op die foto is die laaste onderwysers en kantoorpersoneel toe die laerskool sy deure gesluit het, vlnr: Manna Viljoen, Sherly willemse, Leona Cross en Martie Viljoen.Oud-onderwysers wat die reünie van Laerskool Groenvlei bygewoon het, was vlnr agter: Manna Viljoen, Hester Potgieter, Anneke Roets en Martie Viljoen. Voor: Leona Cross (admin), mnr Lourens Marais (voormalige hoof) en Susan Roets.Oudleerlinge wat hul skoolloopbaan gedurende die 1950’s by Laerskool Groenvlei begin het, is op die foto vlnr agter: Loutjie Botha, Hennie du Plessis (Fourie), Isabel Prinsloo (Pistorius) en Rita Volschenk (du Preez). Voor: Helen Nel (Botha), Connie Hanekom (Botha) en Pieter Coetzee.