NEOS verwelkom 2 onderwysers
THABAZIMBI – Twee nuwe personeellede het op 20 Januarie by NEOS Christian School aangesluit.
Nathan O’Callaghan is verantwoordelik vir onderrig by die Gr 7-9 studente. Hy is ook ‘n groot aanwins op sportgebied. Nathan het in 2011 tennisafrigting in Australië by Chatswood Tennis Academy gedoen. Hy het ook die TA (Tennis Australië) afrigtingskursus by Sydney Olympic Park gedurende die jaar gedoen, waar hy self ook tennis gespeel het. Hy was ook drie jaar agtereenvolgend as krieketspeler van die jaar by Hans Strydom Hoërskool, waar hy gematrikuleer het, aangewys. Hy voltooi binnekort sy onderwys studies deur UNISA.
Die graad een klassie is bevoorreg om Me Elna Botha as hulle nuwe juffrou te hê. Sy is ‘n aanwins vir die skool op die gebied van musiek en kunste. Elna het haar BA Mus graad by Tukkies verwerf en is ook gekwalifiseerd in Grafiese Ontwerp. Die studente en ouers van NEOS verwelkom hierdie twee leerkragte.