Kwêvoël Klereprojek

THABAZIMBI – Het jy ‘n brandende begeerte om hierdie jaar ietsie goeds vir iemand te doen? Dit vat so min van jou om ‘n tydjie af te knyp om ‘n ander in nood te help en met Kwêvoël se Klereprojek, maak ons die taak nóg ligter deur ‘n handjie by te sit.

As ou klere jou kaste vol maak en jy nie eers ‘n gaatjie het vir ‘n nuwe kledingstuk nie, kontak ons gerus om ontslae te raak van alle tweedehandse klere, wat nog in bruikbare toestand is.

Gooi die klere sommer in ‘n swartsak en skakel Estie by 014 777 1621 om dit by jou tuiste te kom oplaai. Indien jy die span wil ontmoet wat vir jou klere ‘n nuwe tuiste gaan gee, besoek Kwêvoël se kantoor in Tweedelaan 17, Thabazimbi.

Of gooi sommer ‘n digitale briefie in die pos, na estie@kwevoel.co.za.

Alle klere is welkom!