Korrektiewe dienste help die gemeenskap

THABAZIMBI – Thabazimbi Korrektiewe Dienste het op Saterdag 1 Februarie Ysterberg Primary School se badkamers en terrein skoon gemaak.

Dit is deel van die korrektiewe dienste se gemeenskapsprojekte wat volgens wet deel is van oortreders se gemeenskapsdiens wat hulle moet verrig.

Die oortreders moet ‘n seker tyd gemeenskapsdiens verrig, om hulle weer in staat te stel om in die samelewing te kan funksioneer. Enige organisasie in die dorp is welkom om Korrektiewe Dienste te kontak om algemene werk om besighede te verrig.

Kontak gerus mnr De Koker, mnr Hattingh of mnr Motlhake by 014 777 1009 kantoor of 082 416 9887.

Oortreders het deur middel van Korrektiewe Dienste die Ysterberg Primary School se badkamers en terrein skoongemaak as deel van hul diensplig. Mnr Hattingh en mnr Motlhake het as toesighouers opgetree.