HFM skaak presteer

RUSTENBURG – Drie leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het verlede Saterdag, 1 Februarie, aan ‘n skaaktoernooi deelgeneem.

Al drie leerlinge speel in die op-afdeling, wat beteken dat hulle teen volwassenes en afrigters speel. Veronica van Deventer en Hannelie van Rensburg wen elk twee rondtes en speel een gelykop. Igee Theron wen twee van sy rondtes. Die skool wens die skaakspelers geluk met die prestasie.