Gian Groen word geken as een van die land se top digterlike liedjieskrywers. Hy is meestal bekend vir sy liedjie “Vier seisoene kind” wat ook deur verskeie bekende sangers opgeneem is. Gian se nuwe vollengte-album, ‘Dekade se Ballades’ is in November 2013 uitgereik.
Die album bestaan uit 16 snitte en is ‘n samevatting van Gian se beste werk, asook ‘n paar splinternuwe liedjies wat almal vars opgeneem is by VH Recording Studio en verwerk is deur Wouter van de Venter, wat ook die elektriese kitaarspeler op die album is. Alle musiek en lirieke is deur Gian geskryf en hy speel ook die akoestiese kitaar op die album. Die ongelooflike groep musikante wat saam aan die album gewerk het, is Logan Scott (baskitaar), Jeremy Schultze (tromme), John Mitchell (klavier en orrel), Rayelle Goodman (strykers), Robert Jeffery (tjello) en Herman Kleinhans (agtergrondstem van snitte 1 en 8).
Dekade se Ballades word uitgegee deur sy platemaatskappy VH Music & Publishing en die album word deur Next Music versprei en is landwyd ook op iTunes beskikbaar.
Besoek Gian se webwerf by www.giangroen.co.za of Facebook: www.facebook.com/GianGroen. Twee gelukkige lesers kan elk ‘n CD wen deur die volgende vraag te beantwoord: Uit hoeveel snitte bestaan ‘Dekade se Ballades’. Stuur jou antwoord, tesame met ‘n kontaknommer na kwevoel@kwevoel.co.za.

