Droë “vloed” tref bosveld

Die Krokodilrivier bars uit sy nate, maar die sebras galop stof uit die grondpad reg langs dié rivier. Dié treurige toneel speel af sedert Hartbeespoortdam se waterbeheerbeampte, Lourens van Niekerk, tien sluise gedurende die week oopgemaak het sodat die dam weer tot op 100 persent kan sak. Teen Donderdag was Hartbeespoortdam op 96 persent kapasiteit en het hy die laaste sluise weer toegemaak. Rooikoppiesdam is tans 98 persent vol, terwyl Vaalkopdam oorloop. Hartbeespoort het sedert Donderdag, 30 Januarie, 96mm reën gehad, maar steeds ontwyk die kosbare reëndruppels die droë bosveld. Foto: Leon Troskie.

Volgens kenners neem dit sowat 24-36 uur vir die water om Thabazimbi se gedeelte van die Krokodilrivier te bereik nadat die sluise by Hartbeespoortdam oopgemaak word. Hierdie foto is Woensdag, 5 Februarie, by die brug op die Thabazimbi/Northam-pad geneem. Volgens Koos Schutte, hoofbestuurder van die Krokodil-Wes Besproeiingsraad, is daar tot dusver geen skade deur die boere op die Krokodilrivierbesproeiingslyn aangemeld nie. Slegs 4mm reën het die afgelope week by húl kantoor geval. Foto: Franco Loots.