Bosveld Akademie het hulle Top Twee presteerders van 2013 aangewys, voor: Anica Goosen 80%. Agter vlnr: Juandré Barnard 83%, Ockert Goosen 82% en Adri van Reenen 79%.Elf nuwe gesiggies is die jaar by die Gr R-klassie van juffrou Suné Schoeman ingeskryf, vlnr: Simonette du Plessis, Karien Fourie, Chris Geldenhuys, Nathan van Rooyen, Marihane Harmse en Ciska Botha. Agter: Devon Nel, Xanita Palmer, Shayla Combrink, Juan-Pierre van Niekerk en Abigail van Vuuren.Bosveld Akademie het met die aanbreek van die nuwe skooljaar sewe nuwe Gr 1’s. Dit is juffrou Santa Meintjes se plig om toe te sien dat die nuwe Gr 1’s hul skoolervaring geniet, vlnr: Nicolet Trichardt, Elmarie Müller, Mia de Koker, Margaret York, Edwald Botha, José van Schalkwyk en Henré Schoeman.