Gholfdag vir Laerskool Thabazimbi
Promosie Artikel
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi bied op Vrydag 31 Januarie 2014 ‘n gholfdag by Thabazimbi Gholfklub aan.
Die skool nooi die gemeenskap hartlik uit om hierin te kom deel. Die dag vorm deel van die skool se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte. Daar sal ‘n oggendveld (07:00) asook ‘n middagveld (12:00) wees. Kom deel in die hartlikheid van die Bosveld en die asemrowendheid van Thabazimbi Gholfklub se natuurprag!
Inskrywings beloop R250 per speler – halfweghuis en aandete is ingesluit.
Formaat: Parespel met keuse bofhou. Kontakpersoon: Karen Azar by 014 777 1234 of 082 876 5238.