Community

Totsiens Cecile

THABAZIMBI – ‘n Oud inwoner van Thabazimbi, Cecile Hill (68), is op Vrydag, 10 Januarie 2014, na ‘n kort siekbed oorlede.

Cecile en haar eggenoot, Jimmy, was sedert 1980 inwoners van Thabazimbi, waarna Jimmy ook sy aftrede by die myn saam met haar geniet het. Die egpaar het verlede jaar hul goue bruilof gevier.

Die afgelope drie maande was hul egter woonagtig te Middelburg, by hul dogter, Yolandi.

Groot hartseer het die gesin getref met die afsterf van twee seuns, Jamie Hill in 2001 in ‘n frats ongeluk en Chris op 12 Januarie 2013 in ‘n motorfietsongeluk.

Cecile laat haar man, Jimmy, seun Charles, dogter Yolandi en twee skoondogters Christa en Marlene, vier kleinkinders, nege agter kleinkinders en een agter-agter kleinkind na.

Sy sal onthou word as die “koeksister tannie” met haar heerlike tuisgebakte koeksisters.

Graag wil die familie die gemeenskap van Thabazimbi bedank vir die ondersteuning, besoeke en onderskraging. ‘n Besonderse dank aan die motorfietsryers vir die bystand en donasies wat hulle aan die gesin geskenk het vir die begrafnis.

Cecile se begrafnisdiens vind vandag, Vrydag 17 Januarie om 11:00 vanuit Kruisgenerasie-gemeente te Middelburg plaas.

03-Cecile Hill

Cecile Hill (68) is op Vrydag 10 Januarie 2014 na ‘n kort siekbed oorlede.