Skoonmaakproses dalk tevergeefs
THABAZIMBI – Tans word daar ‘n groot poging aangewend om die padreserwe vanaf die Thabazimbi/Brits/Rustenburg kruising tot sover as die Rooiberg-afdraai skoon te maak.
‘n Leser het per brief aan Kwêvoël uitgewys dat alhoewel die proses baie welkom is en dat daar ‘n duidelike verskil gesien kan word, daar sonder gifbespuiting min of geen waarde met die proses toegevoeg word nie.
“Indien die bome nie met gif behandel word nie, veroorsaak dit net ‘n groter probleem van stimulering, hergroei en verspreiding en moet die vraag gevra word, of die huidige proses van ontbossing nie liewers gestaak moet word nie,” het hy gesê.
Die werkers moet ook ingelig word ten opsigte van die bome wat ontbos moet word: die twee groot Seringbome wat ‘gespaar’ is, is ‘n bewys dat
indringerbome wat uitgeroei moet word, nie aan hulle uitgewys of
bekend is nie.
Dié boom is ‘n maand gelede afgekap, maar toon egter welige hergroei.