‘n Diensterekening van R6.8 miljoen is deur die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit aan ‘n besigheidseienaar, vir Desember/Januarie uitgereik. Talle verwarde inwoners en sakelui het die Demokratiese Alliansie genader nadat hulle ook sulke “belaglike” hoë rekeninge ontvang het. Rekeninghouers wat normaalweg R1200 vir water en elektrisiteit moet betaal, moes geliefd neem met ‘n miljoen-rand se rekening. Die munisipale kommunikasiebeampte kon ten tye van pers steeds nie lig op die onderwerp werp nie. Geaffekteerde partye kan die finansiële bestuurder by die munisipaliteit kontak om hierdie probleem aan te spreek, charlesm@thabazimbi.gov.za.

