Community

R20 000 vir Bejaardesorgtrust

THABAZIMBI – In ‘n poging om die Bejaardesorg se trustfonds aan te vul, het vrywilligers gedurende die feestyd ‘n geskenktoedraai-diens by die ingang van Shoprite verrig.

In ruil vir hierdie besonderse diens, het hulle slegs ‘n donasie gevra. Die mooi bedrag van R20 000 is ingesamel, waarvan die grootste deel donasies was. Die gemeenskap word hartlik bedank vir hul ondersteuning met hierdie jaarlikse poging. ‘n Besonderse dank word ook oorgedra aan die bestuurder van Thabazimbi Shoprite en sy personeel vir hul ondersteuning en vriendelikheid.

“’n Dankie aan die hele gemeenskap, individue, besighede en kerke vir jul ondersteuning aan al die bejaardes in 2013. Dit is wonderlik om deel te wees van só ‘n gemeenskap,” het Marie Steenekamp haar dank uitgespreek. “Kom ons as gemeenskap vat hande en stap 2014 binne met ons Hemelse Vader aan ons sy. Ons gee om.” Enige persoon wat wil deel wees van insamelingspogings vir dié trust, kontak 014 777 1811.

04-Bejaardesorgtrust

Die vrywilligers van die bejaardesorgtrust saam met Shoprite personeel: Agter: Celia, Magda, Buzi en Louisa. Voor: Marie Steenekamp, Mark Willemse (Shoprite bestuurder) en Roald Appelgryn.