Pasop vir die krokodil!
‘n Kwêvoëlleser het dié foto ingestuur van ‘n krokodil wat op die Spitskoppad doodgery is.
Karin Esterhuizen Sherrard sê dat mens gereeld likkewane, meerkatte en slange op dié pad sien wat doodgery is. Op 2 Desember op pad vanaf Spitskop se kant dorp toe, diskant die Koos Cronjé Skietbaan se hek het dit vir hulle gelyk asof iemand weer ‘n likkewaan raakgery het. By nadere ondersoek gewaar hulle egter swart kolle op die dier se lyf. En wat sien hulle daar lê, definitief nie ‘n likkewaan nie, maar eerder ‘n klein krokodil. Ongelukkig het voertuie bo-oor sy kop gery en was hy reeds dood. Die vraag ontstaan nou: Waar kom hy vandaan? Volgens Karin was hy duidelik op pad die berge in. As iemand dalk die raaisel van die rondlopende krokodil kan oplos, kontak Estie by 014 777 1621 of e-pos estie@kwevoel.co.za.