L/s Koedoeskop vier 100 jaar

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop betree hierdie jaar ‘n merkwaardige mylpaal deur hul 100ste bestaansjaar te vier. In gees van die vieringe het die leerlinge hul eerste dag van skool met koek-eet en ballonne-loslaat ingewy. Dit dien ook as die eerste van ‘n reeks vieringe om hierdie eeu van opvoeding te vier.

Dié laerskool spog ook vanjaar met hul kleuterklas en Graad 0-3 klasse wat met rasse skrede gegroei het.

Behalwe dat Laerskool Koedoeskop so geseën word met leerlinge, het hulle ook vier nuwe leerkragte bygekry. Juf Aneleen Schoeman (Graad 3), Mnr Pierre van Jaarsveld (SPF) en twee studente, Arno Swart (SPF – Engels) en Chanel van Wyk (SPF – NWT) sluit vanjaar by die span aan.

Die 2014 leiers van Laerskool Koedoeskop het pragtige baadjies ontvang wat deel is van die eeufeesviering.

Die feesviering word 25 Januarie voortgesit by hul jaarlikse Huissport. Almal word uitgenooi om deel te word van hierdie mylpaal.

04-Ls Koedoeskop Leerkragte 2014

Vier nuwe leerkragte het by Laerskool Koedoeskop aangesluit: Juf Aneleen Schoeman (Graad 3), Mnr Pierre van Jaarsveld (SPF) en twee studente, Arno Swart (SPF – Engels) en Chanel van Wyk (SPF – NWT).