Community

Laerskool Thabazimbi verwelkom drie nuwe studente

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi is so bevoorreg om drie nuwe mansstudente op die personeel te verwelkom. Micheal Karemaker is 22 jaar oud en ‘n boorling van Thabazimbi.  Michael studeer by UNISA en is tans in sy derde jaar.  Hy gee  Tegnologie vir die Gr 7 leerders.

Attie Louw is 22 jaar oud en ook ‘n boorling van Thabazimbi.  Attie studeer ook deur UNISA en is tans in sy vierde jaar.  Hy gee  EBW vir die Gr 7 leerders

Johan Harmse is  25 jaar oud en Johan is van Pretoria. Hy het Sportwetenskap gestudeer.  Hy het reeds sy graad verwerf en  is tans besig met sy NGOS (Onderwyskwalifikasie).  Hy gee Liggaamlike Opvoeding  vir die Intermediêre en Senior Fase.

Baie welkom aan hierdie 3 studente.  Ons hoop dat julle baie gelukkig sal wees hier by Laerskool Thabazimbi.

03-nuwe studente

Johan Harmse,  Attie Louw en Michael Karemaker. Al drie is nuwe studente by Laerskool Thabazimbi en gee klas vir Gr 7.