Huweliksklokke
Ingemarí Viviers (née Loots), dogter van ds. Kalfie en Maryna Loots, en dr. Pierre-André Viviers, seun van André en Elsa Viviers vanaf Bloemfontein, is op Saterdag 26 Oktober 2013 in die huwelik bevestig. Ds. Kalfie het die huweliksbevestiging waargeneem te Anderland, Potchefstroom. Die egpaar vestig hulle in Potchefstroom. Hulle is tans albei by die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus werksaam. Foto deur Anderland.