Groenvlei Laerskool hou reünie

Oud leerlinge en personeel verbonde aan Laerskool Groenvlei hou binnekort reünie. Laerskool Groenvlei(rivier) is op 10 April 1928 gestig en het etlike jare gelede sy deure as eksklusiewe Laerskool gesluit om plek te maak vir ‘n Engels-medium hoërskool.

In daardie vroeë dae was die Bosveld redelik onontwikkeld met ‘n groeiende boerdery-bevolking en ‘n paar plaasskooltjies het ontstaan onder andere die “Groenrivier Skool” aan die voet van die Kransberge. Dit was nog gebou met pale met klei tussenin en ‘n grasdak.

Die Sentrum plaasgemeenskap het vinnig gegroei, sodanig dat daar ‘n kraaminrigting, wat destyds deur die SAVF bedryf is, op Sentrum opgeriog is. Die Matlabas Gereformeerde Kerk was dan ook vir lank die eenigste kerkgebou in die omgewing, alhoewel die predikant op Thabazimbi, wat toe nog nie sy eie gemeente en kerkgebou gehad het nie, woonagtig.

In 1937 word die klein skooltjies saamgevoeg as Groenvlei Sentrale Goewermentskool wat op Sentrum opgerig is met en behuising vir leerlinge in aparte koshuis-eenhede met die meisies en hoof links van die eetsaal en die seuns aan die ander kant gebly. Oorpronklik was een van die huise ook as siekeboeg ingerig.

Aangesien daar geen skoolbusse destyds was om kinders na die naaste skool te neem nie en donkiekarre ‘n algemene voertuig vir die boere was, was Sentrum redelik sentraal vir die kinders wat vanaf Matjiesfontein tot so wyd as die Kransberge buite Thabazimbi hul eerste skool jare, destyds tot standard 7, as inwonende koshuisleerlinge op Laerskool Groenvlei deurgebring het.

‘n Reünie vir alle oud leerlinge en personeel tussen 1937 en 1994 word gehou op Saterdag 1 Februarie 2014 vanaf 09:00 op die plaas Ysterpan van die Lotterings. Die plaas is ongeveer 2km van Groenvlei af op die Thabazimbipad.

Soveel moontlik van die “oud” leerlinge sowel as “oud“ personeel is te wagte vir die reünie. Van die mees onlangse personeel voordat die skool van status verander het was onder andere mnr Malan, mnr van der Kolf, tannie Nonnie Schutte, tannie Leona Cross en nog baie ander, voorwaar die sewe vet jare vir die kinder swat daar begin en klaargemaak het.

Interessante geskiedenis van die skool sal voorgehou word.

Koste beloop R100 per persoon en sluit in pap en sous, slaaie, vuur en roosters. Bring saam: eie braaidingetjie, eetgery, eie drink goed en stoele.

Kontak Bennie Lottering: 084 083 2828 of bennie@aafy.co.za vir meer inligting.

Akkommodasie kan gereël word word oud Groenvleiers indien hulle die aand wil oorslaap.