Bosveld groet Harry
THABAZIMBI – Harry Wolfswinkel (72), ‘n inwoner van Thabazimbi sedert 1975, is op Vrydag 20 Desember 2013 oorlede.
Met sy aftrede op 70 jarige ouderdom was Harry nog werksaam by Thabazimbi Motor & Diesel Ing.
Die familie bedank Ds Hennie van der Linde, Dr Buys, Helpende Hande en almal in die gemeenskap vir besoeke, gebede en onderskraging in hul hartseer tyd. Dit sal altyd onthou word.
Sy begrafnisdiens was op 28 Desember 2013 vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi.
Harry Wolfswinkel (72) is op Vrydag 20 Desember 2013 oorlede.