Community

40 jaar huweliksherdenking vir pastoriepaar

THABAZIMBI – Ds Kalfie Loots en sy eggenoot, Maryna (née Fourie), voormalige pastoriepaar van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Vliegepoort, Thabazimbi het op 5 Januarie vanjaar hul 40ste huweliksherdenking gevier.

Hulle is op 5 Januarie 1974 te Pretoria in die huwelik deur prof Koos de Wet, praktiese teologiedosent aan die Universiteit van Pretoria, bevestig. Uit die huwelik is twee kinders, Franco en Ingemarí, gebore, maar hulle het ook omgesien na ds Kalfie se oorlede suster se kinders, Elmar en Marius van Niekerk. Die Lootse bly al vanaf 1990 in Thabazimbi, nadat ds Kalfie ‘n beroep aanvaar het om in die Thabazimbi-bosveld te werk.

Ds Kalfie is in 1968 as predikant bevestig in die Nederduitsch Hervormde Gemeente Ebenhaèser, Ellisras. Hy het sy eggenote daar ontmoet. Sy het in 2009 as onderwyseres by Hoërskool Frikkie Meyer afgetree.

Ds Loots het in 2007 geëmeriteer, maar is tans voltydse brugpredikant by die Hervormde Gemeente Vaalwater. Hulle is egter steeds woonagtig in Thabazimbi.

03-Ds Kalfie en tannie Maryna

Ds Kalfie en Maryna Loots, stralend op hul huweliksdag, 40 jaar gelede.

 

 

 

 

 

 

 

03-Ds Kalfie en tannie Maryna nou 2

Ds Kalfie en Maryna vier vanjaar hul 40ste huweliksherdenking.