Community

Skenk vir geskenkpapier

50-Marie SteenekamStenekamp

Die bejaardesorgtrust lewer weer ‘n besonderse diens gedurende hierdie feestyd en vra inruil daarvoor slegs ‘n donasie. Hul feestelike tafel is by Shoprite se ingang en is swaargelaai onder die allermooiste geskenkpapier. Deur ‘n donasie te gee, sal hulle al jou Kersinkopies toedraai. Al die fondse op hierdie wyse gegenereer, sal die bejaardes se trustfonds aanvul. Op die foto agter vlnr: Busisiwe Mathebula, Dwayne Retief (bestuurder in opleiding), Mark Willemse (takbestuurder) en Roald Appelgryn. Voor: Magda van Wyk en Marie Steenekamp van die bejaardesorgtrust.