Rooiwa vir Witbaard

51-A lo Ha keiki

Die kleuters van A Lo Ha Keiki Kleuterskool in Sewendelaan 42 het ‘n reuse verrassing beleef toe Kersvader op sy bloedrooi brandweerwa hulle op Vrydag 6 Desember besoek het. Hy het ‘n speelding, lekkergoed en baie drukkies vir elke kind uitgedeel nadat die storie van die geboorte van Jesus, aan die kleuters voorgelees is.