PSG Lavanti en Agruma vat hande
Promosie Artikel
THABAZIMBI – PSG Lavanti is reeds jare lank bekend in die Thabazimbiomgewing vir hul puik diens, spoedige hantering van eise en uitstekende produk kennis. Hul besluit om met Agruma besigheid te doen is ‘n klinklare bewys dat dit vir Roelof en Jackie van Rooyen baie belangrik is om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelings in die korttermynversekeringswêreld en voortdurend hul kliënte se portefeuljes aan te pas sodat hulle te alle tye die beste dekking kan geniet.
Agruma is ‘n onderskrywings-bestuur-agentskap. Hul spesialiseer in ‘n wye reeks korttermyn-versekeringsprodukte, wat spesifiek saamgestel is om die baie unieke versekerings-behoeftes van die landbousektor en plattelandse landboubesighede aan te spreek..
“Die mense by Agruma verstaan plattelandse besigheidsmanne en boere. Hul polisse is nommerpas en die premies is baie kompeterend. Die besluit was vir ons maklik om van ons boere en besigheidsmanne na Agruma oor te skuif.” Aldus Roelof, die prinsipaal van PSG Lavanti.
Roelof herinner die lesers ook daaraan om voordat hul tasse gepak word en hulle met vakansie gaan, elke Thabazimbiër seker moet maak hul besittings is reg verseker.
Hy sê dat sommige mense oorgerus is as ditkom by die versekering van hulle besittings. Ons gaan dikwels van die oogpunt uit dat “dit nooit met my sal gebeur nie”. Ander glo weer versekering is onbekostigbaar en nie werklik nodig nie.”Dit is baie onverantwoordelik om só daaroor te redeneer, veral gedurende die feesseisoen wat jaarliks gekenmerk word deur ‘n verhoging in misdaad en padongelukke,” sê Roelof. “Terwyl mens op reis is kan jou huis leeg gedra word, jy kan in `n ongeluk betrokke raak of selfs gekaap word, jou selfoon kan gegaps word terwyl jy ontbyt by `n restaurant geniet. Ongelukkig gebeur al hierdie dinge. Mens moet die koste van wat ook al verlore of beskadig kan raak in agneem en dit realisties opweeg teen die kostes verbonde aan versekeringspremies,” verduidelik hy. Hy nooi die mense van die omgewing om eers ‘n draai by die PSG Lavanti-kantore in Van Der Bijlstraat 59 te maak, voordat hul met vakansie vertrek.
Saam wil Lavanti en Agruma hul kliënte ‘n baie geseënde Kersfees toewens en ‘n nuwejaar sonder rampe en teëspoed.
Van links na regs, Hannes du Plessis en Pierre Rossouw, direkteure van Agruma by die pa-en-seun-span Roelof en Jackie van Rooyen voor die PSG Lavanti-kantore in Thabazimbi.