CFC voed 3000 mense

THABAZIMBI – Die jeug van die Christian Family Church (CFC) by Bonanza het die afgelope maand nie-bederfbare items bymekaar gemaak deur Thaba SuperSpar en Pick n Pay kliënte te nader vir donasies.

Driehonderd kospakkies, wat elk ses mense kan voed, sal aan Skierlik en Helen Park te Northam gedurende Kersfees en Nuwejaar uitgedeel word.

Die jeug bedank die gemeenskap vir hul bydraes sodat hulle hierdie Kersfees ‘n verskil in baie mense se lewe kan maak.

Pastoor Danie Breedt van die CFC gemeente nooi almal vriendelik uit om die Kersdiens op 25 Desember 2013 om 08:00 by te woon.