Skudding tot Klipgat gevoel
THABAZIMBI – Die aardskudding wat op Maandagaand buite Bela-Bela 4 op die Richterskaal geregistreer het, is ook deur inwoners van Rooiberg gevoel.
Die skudding het omstreeks 21:20 plaasgevind en was so sterk dat selfs Pretorianers en sommige Johannesburgers dit gevoel het.
Michelle Grobbelaar, hoof van seismologie by die Raad vir Geowetenskappe, het gesê dat mense in onder meer Randburg, eMalahleni, Hartbeespoort, Soshanguve en KwaMhlanga dit gevoel het. Volgens Grobbelaar het daar voorheen aardskuddings suid-oos van Bela-Bela voorgekom, maar dit is die eerste keer dat dit so wyd gevoel is.