Community

Operasionele voertuig vir Makoppa GPF

MAKOPPA – Makoppa Gemeenskapspolisiëringsforum het geskiedenis gemaak met die bekendstelling van hulle eie pperasionele voertuig, ‘n Toyota vierwielaangedrewe bakke.

Met Makoppa GPF se onstaan in April 2012 was hulle ledetal ‘n skamele agttal. In die relatiewe kort tydperk wat hulle bestaan en die groot impak wat hulle met die bekamping van misdaad in die gebied gemaak het, staan die ledetal vir einde 2013 op ongeveer 43 aktiewe lede.

Soos die tyd verloop het en talle suksesvolle operasies saam met die SAPD uitgevoer is, het Makoppa GPF tot die besef gekom dat ‘n operasionele voertuig van kardinale belang is.

Die noodsaaklikheid van so ‘n voertuig kan die sukses van ‘n operasie bepaal. Met hierdie voertuig kan ‘n gemeenskaplike operasionelesentrum by enige ligging of terrein geskep word.

Hierdie operasionele voertuig kan take vergemaklik, soos: bewaring van misdaadtonele, oprig van gemeenskaplike operasionelesentrum (GOS), verwerking van inligting, kommunikasie tussen lede en spoorsnyers en dies meer.

Makoppa GPF het Northam Toyota genader en Northam Toyota het dit goed gedink om ‘n voertuig 50/50 te borg. Makoppa GPF het plaaslike besighede genader om die res van die voertuig te borg. Na baie harde werk en beplanning is Makoppa GPF se operasionele voertuig op Vrydag, 15 November 2013 by hul jaarlikse afsluitingsfunksie bekendgestel.  Talle van die borge het die geselligheid bygewoon en daar is lekker saamgekuier.

Makoppa GPF bedank graag Northam Toyota vir die gedeeltelike borg van die voertuig, asook elk van die borge wat die res van die borg uitgemaak het: East Rand Cranes, ABSA, Numzaan Safaris, Thabazimbi Spar, Wild Wildebeest Safaris, Thabazimbi Pick & Pay, LA Sport-Ellisras en Netstar.

Makoppa GPF kan met trots die jaarafsluit met talle suksesvolle operasies asook verskeie arrestasies wat plaasgevind het.

Hulle bedank graag elke lid vir ure se opoffering tydens noodsituasies en misdaadbekampingsaksies.

Kontak Makoppa GPF by makoppagpf@gmail.com. Makoppa GPF kantoor is oop: Maandae – Vrydae vanaf 08:00 – 12:30. Hulle wens die gemeenskap ‘n Geseënde, Voorspoedige en veilige Feesseisoen toe.

49-Makoppa GPF

Makoppa GPF is die trotse eienaars van hul eie operasionele voertuig.