Community

Ons lesers skryf:

Bedanking vir positiewe beriggewing

Hoërskool Frikkie Meyer wil graag die Kwêvoël as ‘n gemeenskapskoerant uitsonder wat alles in hul vermoë doen om die gemeenskap te dien. Positiewe en opbouende berigte met betrekking tot die jeug in die algemeen en Hoërskool Frikkie Meyer as gemeenskapskool moet uitgesonder word. Die personeel van die Kwêvoël is ‘n voorbeeld van hoe ‘n gemeenskapskoerant daartoe kan bydra om ‘n positiewe gemeenskap te skep.

Die voortdurende kwalitatiewe en korrekte beriggewing word opreg waardeer deur die skool. Dit is duidelik dat die Kwêvoël, net soos HFM, die jeug as die toekoms van Suid-Afrika sien en hulle aanmoedig om hul bes vir die gemeenskap en hul land te doen.

Die onlangse berig: “Sonder Sosiale Vaardighede”, is skitterende joernalistiek en hierdie waarheid is ‘n moet vir ons gemeenskap. Lesers moet hierdie juweel van joernalistiek lees en ook ag daarop slaan.

Namens die skole en die jeug van Thabazimbi wens ons die redakteur en die personeel ‘n vreedsame Christusfees en voorspoedige Nuwejaar toe. Mag die goeie samewerking tussen die skool en die koerant in die toekoms net van krag tot krag gaan.

HFM groete, Colin Campbell (Hoof: Hoërskool Frikkie Meyer).