Fiksheidsuitdaging by Active Life Gym
THABAZIMBI – Active Life Gym het op Saterdag, 23 November 2013 hul jaarlikse fiksheidsuitdaging aangebied. Die adrenalien het al vroeg-vroeg die oggend hard begin pomp toe die deelnemers aan dié uitdaging met ‘n vinnige tempo aërobies klas die spiere wakker gemaak het.
Daarna het die groot toets aangebreek. Deelnemers is aangemoedig deur toeskouers sowel as mede-deelnemers. “Op papier lyk hierdie challenge vir jou maklik, maar glo, hier word die kaf van die koring geskei en word jy tot die uiterstes gedruk,” het Moksie Pelser aan Kwêvoël gesê.
Die volgende persone het as wenners uit die stryd getree met hul tye as volg: Michael Buys (Senior Mans) 18:13, Marlyn Ras (Senior Vrouens) 15:43, Francois Buys (Junior Mans) 12:31, Annette Dreyer (Junior Vrouens) 13:23. Francois breek ook die rekord met sy tyd op die Junior Mans. Die wenners word geluk gewens met hul prestasie.
Na talle sweet druppels wat geval het, is daar kragte begin meet met die “bench” kompetisie. Hier tree Leon Oosthuizen en Rick le Roux as wenners uit die stryd met ‘n gewig van 170kg en in die vroue afdeling en Elzani Davies met ‘n gewig van 65kg.
Elke deelnemer en toeskouer word bedank vir hul ondersteuning gedurende die uitdaging.
Active Life Gym bedank graag hul borge wat die Fitness Challenge 2013 moontlik gemaak het.
Die wenners van die Active Life Fitness Challenge, vlnr: Michael Buys (Senior Mans), Francois Buys (Junior Mans), Leon Oosthuizen (Bench), Elzani Davies (Bench Vrouens), Marlyn Ras (Senior Vrouens), Zanie van Rensburg (eienaar: Active Life Gym).