Oud Frikkie maak naam vir homself
DURBAN – ‘n Oud leerling van Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope jaar groot opkoms gehad op professionele rugby vlak.
Dewaldt Havenga het vir drie agtereenvolgende jare vir HFM se Eerste rugbyspan uitgedraf. Nadat hy gematrikuleer het, het hy sy droom om ‘n
professionele rugbyspeler te word, begin nastreef.
Dewaldt verhuis na Durban in die begin van 2013, waar hy in een van die Sharks se subklubs opgeneem word. So tussen die rugby deur het hy sy akademie voortgesit deur aan Physical IQ Fitness and Health centre verder te studeer.
Dewaldt word gekies as die “face of Physical IQ online” vir 2013/2014. Hy verwerf ook sy sertifikaart in “Sport Fitness and Health” en ‘n sertifikaart in afrigting vir vlak een.
Op die rugbyveld maak hy naam deur vir die Sharks se subklub, Wentworth Harlequins, uit te draf en die beker, volgens puntestelsel, vir die onder 20 rugby-speler van 2013 te ontvang.
Dewaldt Havenga saam met Sharks se Biscmark du Plessis wat saam hom gespeel het in een van die klubwedstyde. foto verskaf.