Community

Verdagte optrede van voetslaner-fotograaf

THABAZIMBI – Verskeie sakelui in die sentrale sakesentrum het vanaf middel November melding gemaak van ‘n fotograaf wat verdag optree deur sakepersele en voertuie voor die persele af te neem.

Thabazimbi Beskerming op die sosiale netwerk Facebook, maan die gemeenskap om paraat te wees en hulself deur die feestyd te beveilig.

Meld hierdie tipe verdagte optrede onmiddellik by die plaaslike SAPD of sekuriteitsmaatskappy aan en stel die aanliggende besighede in kennis van hierdie aktiwiteite.

Probeer om ‘n foto van die persoon te neem, maar moet liefs nie die persoon alleen konfronteer nie, veral nie as jy voel hy kan ‘n potensiële bedreiging wees nie.

Skakel die Thabazimbi Polisiestasie by 014 777 3504/5.