Community

Northam groet steunpilaar

NORTHAM – Gideon Marcel Marincauwitz Henning is op 16 November 2013 in die ouderdom van 60 jaar oorlede.

Gideon is op 22 Januarie 1953 gebore en het op Northam skoolgegaan. Hul familieplaas is net buite Northam, waar hy tuisgegaan het. Hy het vier broers en susters.

Uit sy huwelik is vyf kinders gebore.

Hy sal altyd onthou word as die kwaai “ou man’ wat ‘n baie goeie hart gehad het.

Sy ter aarde bestelling was op 22 November te Caledon, op hul familieplaas, Brosdoringhoek, waar hy langs sy vader begrawe is. Die diens is deur Ds J du Plessis waargeneem.

48-Oorlede

Gideon Henning (60) is op 16 November 2013 oorlede.