Community

Frikkies maak harte oop vir Abraham Kriel

THABAZIMBI – Die nuutverkose SR 2014 het reeds op 16 Oktober 2013 ‘n baie suksesvolle Kers-Vers en Melodie-funksie op die HFM terrein aangebied. Die geleentheid het plaasgevind onder die lieflike koeltebome wat met vrolike kersliggies opgemaak is.

Tydens hierdie praggeleentheid het verskeie Frikkies aan die geleentheid kleur gegee met hul solo- en groepsang. Die aand was gewyd en bekende Kersliedere is gesing.  Leerlinge moes ‘n kersgeskenk vir ‘n minderbevoorregte kind van sy eie geslag en ouderdom as ingangsfooi gee.

Die Thabazimbi-gemeenskap het weereens gewys hoe groot hul harte is en het in oorvloed gegee. Die SR het besluit om hierdie geskenke vir Abraham Kriel Kinderhuis te gee, om so ook die kinders wat nie tydens Kerstyd by families bly nie, te bederf.

Dié geskenke is op 14 November na Abraham Kriel toe geneem, waar hulle baie vriendelik ontvang is en die geleentheid gekry het om van die kinders te ontmoet.

Dit het elke Frikkie se hart geraak om te besef hoe geseënd hulle is. Hulle bedank graag die gemeenskap vir hul ruim bydraes.

48-HFM Abram Kriel

HFM het hulle harte oopgemaak vir die Abraham Kriel Kinderhuis en het aan die kinders wat nie vir Kersfees by families bly nie, bederf met vroeë Kersgeskenke.