Afriforum benodig 1000 lede vir permanente skakel
Dis nou ‘n geruime tyd dat daar opgeruimdheid, wanbestuur en so meer by die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit aangaan. Dit is vir ons besigheidseienaars en inwoners onmoontlik om ‘n behoorlik bestaan te maak.
Verlede week was die vergadering van AfriForum, waarby die sake van wanbestuur, riool, water en die vullis gate bespreek is.
Die saak teen die munisipaliteit is reeds aan die gang en ons het ‘n instansie soos AfriForum met hul kennis en ondervinding nodig om ons te help om die dinge te bestry. Daar is verskeie dorpe met groot sukses onder andere Vryburg, Naboomspruit en vele meer.
Het julle geweet volgens wet mag geen dorp meer as sewe dae ‘n jaar sonder water wees nie? Hierdie is definitief nie die geval in Thabazimbi nie. Indien enige iemand rekord gehou het van die dae wat ons nie water gehad het nie gee asseblief vir ons afskrifte/verslae/bewyse sodat ons die hofsaak kan versterk.
Ons het ‘n 1000 lede in Thabazimbi nodig, dan gaan AfriForum iemand permanent hier kan vestig om al die sake op ‘n daaglikse basis op te volg en aan te spreek.
Kostes beloop R50 per lid per maand. Jy kan dit per debietorder betaal en jy hoef geen papierwerk te voltooi nie, hulle bel jou en maak seker jy teken aan onder die Thabazimbi-tak.
SMS die woord Thabazimbi na 31336
Indien jy reeds ‘n lid is van AfriForum, skakel hulle asseblief en vra dat jou lidmaatskap verskuif word onder die Thabazimbi-tak sodat ons die lede getalle kan kry. Skakel 0861020030.