CommunityTop Stories

R1.2M na brand

48-Brand Huis Gert

Skade ten bedrae van sowat R1,2 miljoen is aangerig toe die luukse huis in die wildkamp van die plaas Kromdraai van Gert en Annerie Ehlers op Koedoeskop, Sondagaand omstreeks 20:00 deur weerlig getref is. Die huis met sy grasdak het binne ‘n ommesientjie totaal uitgebrand met alles wat binne was. Die storm wat ook met ‘n baie sterk wind gepaard gegaan het, het ook in Thabazimbi heelwat takke van bome afgewaai. Op die inlasfoto kan die weerligafleier duidelik gesien word wat weens die hitte en die sterk wind skuins gewaai is. Gert sê hulle het vanaf hulle woonhuis, sowat 3km vanaf die jaghuis, gesien hoe dié se dak brand. Nieteenstaande die reën was alles, aangehelp deur die sterk wind, binne sowat ‘n halfuur verby. Slegs die braailapa, wat aan die bokant van die wind was, het die brand vrygespring. Gelukkig is geen voertuie beskadig nie en was daar ook nie jagters tydens die voorval nie.