TAR Skenking
Die leerlinge van Laerskool Thabazimbi het ‘n projek geloods om kos vir die weggooidiere van Thabazimbi Animal Rescue (TAR) in te samel. Die Gr 7 leerlinge het besoek afgelê aan dié plaaslike dierehawe en die kos aan TAR oorhandig. TAR het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor die leerders en gesê dat daar wel tans ‘n tekort aan hondekos is. Enige skenkings is welkom, skakel gerus vir Tania by 084 885 6487.