R5.6M vir Thaba Manzi wildveiling

BELA-BELA – Die Thaba Manzi Wildlife Services wildveiling het Saterdag 2 November te Thaba Manzi plaasgevind.

Die teeldiere in boma het die volgende gemiddelde prys per dier behaal: 27 blouwildebeeste teen R5382, 3 kameelperde teen R14000, 45 koedoes teen R4120, 5 njalas teen R24000, 90 rooibokke teen R2114, 7 sebras teen R4500, 2 seekoeie teen R40000, 7 volstruise teen R3100 en 33 waterbokke teen R2745. Die manlike diere het die volgende gemiddelde pryse behaal: 1 basterhartbees teen R10000, 13 blouwildebeeste teen R2615, 1 volwasse eland teen R12500, 12 volwasse koedoes teen R20958, 5 njalas teen R17500, 3 volwasse rooibokke teen R2700, 1 volwasse swartwitpens teen R36000 en 8 volwasse waterbokke teen R11969.

Die omset per bomaveiling was R1.44215 miljoen.

Die katalogusveiling het die volgende gemiddelde prys per dier behaal: 10 basterhartbeeste teen R17000, 5 buffelverse teen R200000, 2 volwasse buffelbulle teen R65000, 8 jong buffelbulle teen R40250, 3 dragtige buffelkoeie teen R310000, 2 witrenosterkoeie teen R61000, 1 jong witrenosterbul teen R175000 en 1 swartrooibokram teen R295000. Die omset per katalogus wild was R4.242 miljoen

Die totale omsetwas R5.68415 miljoen.

Neil Swart van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.

 46-Koedoebul 76 000 Lot 76

Die koedoebul wat vir R76000 opgeveil is.