NG Kerk Belydenisklas
Die belydenisklas van die NG Kerk Thabazimbi is verlede Sondag, 10 November 2013 aangeneem en voorgestel as belydende lidmate van die NG Kerk. Die groep van 35 katkisante het die belofte afgelê om as jong volwassenes verantwoording te doen vir hulle geloof. Ds Johan Marais het die diens waargeneem. Madia du Plessis was die kategesevoog vir die jaar.