Ons lesers skryf:
Eerstens wil ek noem dat die individue/instansies nog flinke diens lewer en hulle werk/arbeid, is nog steeds hulle trots en kan met sekerheid aanbeveel word. Diegene sal jou nooit in die steek laat nie en jou ook nie bankrot agterlaat nie. Hulle pryse is regtig billik en dit is plaaslike mense; ons eie en daar is hoegenaamd geen rede om stede toe te gaan om sulke kwaliteit werk/diens te ontvang nie, dus wil ek graag die volgende mense bedank en aanbeveel.
1. Thabazimbi Matte – baie vriendelike diens, die matte en die gelamineerde houtvloere
2. Bronkiesstene – vir die puik kwaliteit sand en klei-, sementstene ens
3. Rufiedup Nutsman. Hulle hande is vir enige werk gepas, en entoesiasme is daar van baie
4. Pieter du Plessis, Elektriese/Verkoelers
5. Freddie/Coenie du Randt vir hulle uiterse goeie houtkaste en vakmanskap. Hulle het regtig kompeterende pryse.
6. Abraham vir sy verfwerk. Hy weet presies wat om te doen, sonder dat mens vir hom moet sê.
7. Thaba glas en vensters – vir die “blinders” gaas voor die vensters en pragtige glaspanele in die storte
8. Rhino pool covers/lapa canvassing. Hulle het pragtige seile, hulle doen hulle werk met trots en die eindproduk is puik.
Enige iemand is welkom om ‘n draai te kom maak by my privaatwoning om hierdie instansies/individue se handewerk te aanskou by Steenbokstraat 33.
Reël net vooraf met my
Groetnis dan vir eers
Hans Hamman.
