Spar en Solidariteit skenk aan kleuters
THABAZIMBI – Spar het gedurende Oktober vir elke Solidariteit Helpende Hand-tak ‘n koepon gegee om ‘n plaaslike kleuterskool te bevoordeel. SHH kon kies of hulle ‘n partytjie wou hou vir die kinders of eerder voedselvoorraad vir die kinders aan te koop. Thabazimbi se Solidariteit Helpende Hand-tak het besluit om twee kleuterskole te help en het basiese voedselitems vir hulle aangekoop. Die kleuterskole het ook elk ‘n gratis kinder CD genaam “Saam Sing Liedjies” van Elizabeth Fourie ontvang.
Boskabouter Dagsorgsentrum van Adele Lombard (links) saam met Monica Annandale van Solidariteit Helpende Hand, Thabazimbi-tak (regs).