Oud inwoner sterk aan
THABAZIMBI – Dina Roux, ‘n bekende inwoner van Thabazimbi, sterk tans aan te Eugene Marais Hospitaal te Pretoria.
Dina is op 19 September 2013 opgeneem met ernstige Akute Pankreatitis te Eugene Marais Hospitaal Pretoria.
Na drie weke in intensief, het sy teruggekeer na haar tuiste in Thabazimbi, maar weer op Maandag 30 Oktober 2013 in Eugene Marais Hospitaal opgeneem is.
Haar familie dra hul dankbetuiging aan die gemeenskap oor vir almal se gebede, asook die dokters en personeel van Dr de Kock & Vennote.
Dina sterk tans aan te Eugene Marais Hospitaal en sal begin Desember terugkeer na Thabazimbi.
‘n Beroep word gedoen op Dina se naaldwerkkliënte om alle herstelwerk wat ingedien is, te gaan afhaal, voor 30 November 2013. Alle herstelwerk kan weer ingedien word vanaf 6 Januarie 2014.
Vir enige navrae kan Dina se seun, Christiaan, gekontak word by 082 876 1535.
Dina Roux sterk tans te Eugene Marais Hospitaal aan.