Community

Ontsnapte verkragter in arres

BRITS – Boas Jacob Kgatlhane is op Vrydag 1 November weer in hegtenis geneem nadat hy sowat ‘n maand gelede uit polisiebewaring ontsnap het.

Die SAPD het met die hulp van die gemeenskap die verneemde reeksverkragter opgespoor en in hegtenis geneem. Na wat berig word het hy in die bosse naby Sone 6 van Letlhabile, skuiling gevind. Hy het glo gereeld by ‘n huis in Sone 10 vir voedsel en water aangeklop.

Hy het ‘n afspraak gemaak om ‘n vrou in die bosse te ontmoet, maar sy was bewus van sy identiteit en het die polisie ontbied, waarna hulle hom gearresteer het.

Boas Jacob Kgatlhane het op Maandag 4 November in die Brits Magistraatshof op aanklag van ontsnapping vanuit polisiebewaring verskyn. Die SAPD betuig hul dank aan die gemeenskap vir hul hulp om die vermeende verkragter weer agter tralies te kry.

40-Verkragter in die hof