Sport

Gholfbaan hou NG Kerk Gholfdag

Luzaan Combrink

THABAZIMBI – Die NG Kerk Thabazimbi se Gholf-borgdag is op Saterdag 26 Oktober 2013 te Thabazimbi Gholfbaan aangebied.

Van vroeg af al was daar baie opwinding, want die eregas van die dag, tannie Dita Bronkhorst, met ‘n ouderdom van 84 jaar, het die dag geopen deur die eerste bal te slaan. Kort op haar hakke was ds Johan Marais ook uitgedaag met die motivering dat, as sy bal korter as tannie Dita s’n lê, moet hy ‘n rondte vir almal teenwoordig koop. Maar die druk het hom toe goed aangespoor om die balletjie verder te slaan.

Met 76 spelers op die baan het die dag al vroeg begin toe die jongste spelers, Wihan en Ananda Lategan, JD Jordaan en JL Steenekamp, agtuur afgeslaan het. Kort daarna het elke vierbal, met ‘n baie goeie gees, die veld “ingeslaan”.

Die formaat van die dag was parespel met ‘n keuse bofhou. Die halfwegete was ‘n heerlike wildshamburger en die spellers het die aand ‘n bord smaaklike potjiekos geniet.

Die algehele wenners van die dag was Wihan Lategan en sy suster Ananda met 50 punte en kort op hulle hakke was C van Wyk en G Goosen. Baie dankie aan elke speler wat aan hierdie wonderlike dag deelgehad het.  Baie dankie vir elke borg wat ook hierdie dag moontlik gemaak het.

Elke Woensdag word die Northam Toyota Sundowner gespeel. Baie dankie ook aan elke speler wat aan hierdie kompetisie deelneem.

Die afgelope Woensdag was Cobus Snyman die wenner met 22 punte en die gelukkige trekking is gewen deur Anema Denton.

Saterdag 23 November 2013 is dit die Farmer’s Cup Borgdag.

Baie dankie aan elke speler wat die gholfbaan so getrou ondersteun. Ieder en elk word genooi om saam te kom speel, die gholfbaan is tans ‘n lus vir die oog. Julle is welkom om die klub te skakel by 076 055 1749 of gedurende oggendure by 078 809 1631 vir enige navrae.

45-Gholf

Hierdie twee jongelinge het as die algehele wenners van die NG Kerk Thabazimbi se Gholfdag uitgetree, vlnr: Wihan Lategan, tannie Dita Bronkhorst (eregas van die dag) en Ananda Lategan.