Daar’s ‘n kring om die son
‘n Duidelike kring om die son kon op Woensdag, 6 November bespeur word.
Volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) is die sonkring ‘n teken van reën wat op pad is.
“Die kleurvolle of wit ring wat om die son verskyn vind plaas wanneer die sonlig deur die lens van ‘n yskristalwolk skyn bestaande uit hoë-atmosferiese veerwolke wat sowat 8km bo die oppervlakte van die aarde vorm,” het die NOAA op hul webtuiste berig.