CommunityTop Stories

Carols by Candlelight onder

krismis-273

Sowat ‘n duisend inwoners van Thabazimbi het die jaarlikse Spar Carols by Candlelight verlede Donderdagaand bygewoon. ‘n Heerlike somersaand, belaai met feestelike liedere in die opelug het gesorg vir nog ‘n suksesvolle kersliedere-aanbieding. Die gaskunstenaar vir die geleentheid was die tenoor Johann du Toit terwyl die kerssang deur ‘n orkes met plaaslike kunstenaars begelei is. Selfs die Marimba orkes van Thabang Kinderhuis het ook ‘n geleentheid gehad om hul talente vir Thabazimbi te wys, waarna Spar se eie sanggroep die skare met hul sang bekoor het. Die organiseerders, Debbie Viljoen en René Coetzee, bedank almal wat die geleentheid bygewoon het.