Boekbekendstelling – ‘n Unieke gids oor kunstenaars van die Waterberg
THABAZIMBI – Die langverwagte “A Dictionary of the Artists of the Waterberg” is op Donderdagaand, 31 Oktober tydens ‘n gesellige byeenkoms in die Super KunsteGrot, bekendgestel.
Die samesteller van dié besonderse kunsboek, Sas Kloppers, het al verskeie soortgelyke boeke die lig laat sien. Hierdie boek is gekies om voorgelê te word vir die 2013 SAPPI toekenning. SAPPI is een van die land se grootste vervaardigers van papier. Sas het al heelwat goue toekennings vir sy publikasies ontvang en is oortuig van nog een.
Heelwat plaaslike kunstenaars se werke is in dié een-in-‘n-leeftyd kunsboek opgeneem. Van die baie bekende kunstenaars wat ook teenwoordig was, is Coert Pelser, Lute Vink en Delene Lambert, wie se fenominale kunswerke ook deel uitmaak van hierdie moet-hê koffietafel-item. ‘n Gelukwensing gaan aan elkeen wat deel is van dié unieke boek.
Vollie en Rita Volschenk (KunsteGrot) saam met Sas en Hanna Kloppers (samesteller en uitgewer van boek).